FILE     WR     GAME  

[ List All Documents ]

Quickstart (Afrikaans)

Algemene Inligting

Alle Afrikaans sprekendes kan die die engelse hulp verstaan, maar ek het gedink dit kan lekker wees om van die hulp in Afrikaans te hê. 'n Groot deel van hierdie bladsy is 'n direkte vertaling vanaf die engelse een met so paar veranderings. Voel vry om enige voorstelle te maak rondom te hulp self of taalgebruik.

Opstelling en oefen rondtess


Vir elke wedren is dit nodig om jou kar op te stel na aanleiding van die tipe baan waar die resies plaasvind. Hoë spoed bane benodig 'n lae wind weerstand opstelling terwyl bane met oneweredige oppervlaktes sagter veering verkies. Die ingenieurs verslag, beskikbaar op die opstellings bladsy, verskaf algemene advies oor die baan wat gebruik word om 'n aanvanklike opstelling te maak. Hiermee kan jou eerste toets lopie gemaak word deur TEST te kliek.

Toets rondtes en verfyning van opstelling

Na elke toets lopie op die baan word inligting verkry oor die kar en watter velde nodig is om aan te pas. Die ideale opstelling lê tussen die aangeduide "lo" en "hi" waardes. Jou opstelling kan verfyn word tot perfeksie deur die waardes te skuif tot binne hierdie gebied Die grootste verbetering in opstelling geskied gewoonlik binne die eerste paar rondtes.

Eksperimentering

Die hoeveelheid inligting wat verkry word deur elke toets lopie kan verstel word deur die "Experimentation" waarde. Hoër waardes lewer beter resultate, maar verhoog ook die kans vir 'n ongeluk.

Span Werk

Jou span maat se opstelling is beskikbaar ten alle tye deur middel van die LOAD knoppie. Gebruik die "Team Talk" opsie om inligting uit te ruil en die meeste te maak uit die beskikbare oefen rondtes.

Bestuurstyl


Hierdie waardes is van toe passing tot jou gedrag gedurende die wedren. Gewoonlik is daar waardes vir droë en nat toestande. 'n Goeie voorbeeld is om versigtig te wees wanneer dit reen om te verseker jy bly op die pad, of om juis vinniger te gaan omdat almal anders dit stadiger vat.

Overall Speed/Pace - Hoe vinniger jy ry hoe groter is die kan dat jy 'n fout maak.
Aggression - 'n Meer aggressief styl maak dit makliker om verby te gaan, maar verhoog die kans vir 'n botsing.
Tyre Use - Deur harder op jou bande te wees stel jou in staat om vinniger te wees in die begin van hulle lewe, maar hulle sal ook vinniger afloop en stadiger word oor langer tydperke. Jy behoort hierdie aan te pas na aanleiding van jou band keuse en pit stops.
Mechanical Sympathy - 'n Klein bietjie ekstra spoed kan gevind word deur harder met jou kar te werk. Dit verhoog egter die kans vir 'n probleem met die kar.
Pit Stops - 'n Waarde vir die bestuurder en vir die span is beskikbaar. 'n Meer versigtige besoek aan die kuipe is stadiger, maar die kans dat iemand 'n fout maak is minder.
Race Start - 'n Vinnige wegtrek verhoog die kans om te stol of iets soortgelyks. Om verby te gaan is makliker op die eerste rondte so jy mag verkies om vinniger te gaan indien jy bekommerd is om verby te gaan te word of indien jy wil op maak vir 'n swak gekwalifiseer.


Kwalifiseering


Jou kwalifiseerende posisie word automaties aan die einde van die oefening bereken. Dit is 'n meer akkurate aanduiding van jou verrigting as die oefening self en dui aan in watter posisie jy die wedren sal begin.

Jy kan kies watter bande jy wil gebruik vir kwalifiseering, hoe vinnig jy wil gaan en wanneer jy jou kwalifiseerings rondtes wil doen indien die reeks waaraan jy deelneem dit toe laat. Dit word aangeveel dat jy op jou eerste rondte rustiger is om te verseker dat jy wel 'n tyd aan teken en nie jou motor verongeluk. In reekse waar jy kan kies wanneer om jou rondtes te doen is die kans vir 'n beter tyd hoër hoe later jy dit doen in die sessie. Die kans om in verkeer vasgevang te word verhoog ook egter.

Die Wedren


Aan die einde van die "warmup" sessie word die resultate vir die wedren bereken. Indien die weer gedurende die verskillende sessies onveranderd gebly het sal meeste deelnemers 'n goeie opstelling vir hulle renmotors het., met ander woord, 'n goeie wedren strategie is van belang om goeie 'n goeie resultaat te verseker.

Basiese Strategie

Kies jou begin van band, die hoeveelheid stoppe en wanneer jy hulle wil maak. Maak net seker jy gaan nie in kuipe toe op dieselfde tyd as jou span maat.

Dealing with Changing Conditions

Indien dit reën moet jy besluit met watter soort bande jy wil ry. Stel die waardes vir die verskillende soorte bande om die geskiktheid vir die verskillende toestande te beheer. 'n Checkbox laat dit toe om sekere bande heeltemal uit jou renplan laat laat.

Die "changing tyres" waarde beheer hoe gewillig jy is om meer gepaste bande op te trek onder veranderde weers toestande. Deur meer gereeld te pit vir gepaste bande sal aan jou 'n vinniger kar gee, maar jy sal algeheel tyd verloor deur die stoppe te maak of jy kan agter stadiger karre beland.

Jy kan ook jou reaksie teenoor geel vlae stel deur die aantal rondtes te stel vanaf 'n geskeduleerde stop waar jy 'n vroeër stop wil maar as gevolg van 'n geel vlag. Minder tyd word verloor deur te pit onder die geel vlag aangsien niemand vol stoom jaag nie, maar indien jy ver van 'n geskeduleerde stop ingaan sal jy stadig wees as gevolg van die swaar vrag brandstof en mag jou bande nie die volgende stop haal nie.

Orde van speel en ren resultate


Gewoonlik begin wedrenne met 'n oefen sessie waarna die kwalifiseerings posisies bereken word. Die "warmup" is volgende met die berekening van die resultate van die resies daarna.

Met 'n nuwe sessie sal jy 'n e-pos ontvang en wanneer jy weer op die Batracer webbladsy kom kan jy die resulate besigtig vanaf die skakel op die Office of News bladsye. Die wedren resultaat bladsy beskik oor verskillende analiseerings gereedskap, grafieke, kaarte en 'n intervlak om die verloop van die wedren rondte vir rondte te sien.

Meer Hulp


Hierdie is slegs 'n oorsigtiglike handleiding. Maak gebruik van die BATracer Forum vir verdere vrae.


Document created by Edre Van Rensburg. Last updated 30 Mar 2007.

© BATracer 2000
2003, 2006-2024